December without fibre internet

Almal is baie opgewonde oor fibre internet wat eindelik ook in Parys beskikbaar gaan wees.

Daar was dan ook groot gewag gemaak van “November is ons LIVE.”

Weens ‘n paar tegniese ‘kinkels in die kabels’ is die proses vertraag gewees.

Maar begin Desember is daar meer en meer kliente wat op die Vuma netwerk geaktiveer word.

Teen laas week kom ons agter dat kliente bel en navraag doen oor wanneer word hulle installasie voltooi of begin, want hulle hoor niks en in sommige gevalle was die kontrakteurs van Vuma by die kliente se persele en het deel van installasie voltooi, maar die oorhandiging aan die diensverskaffers soos Voxtelecom vanaf Vuma gebeur nie.

Na ure se navraag en menigte e-posse kry ons vandag die terugvoer van Vuma soos hieronder geplaas.

Good day,

 We trust that this email finds you well.
 Due to the vandalism experienced in the Parys area, our network build and quality have been compromised.

As such, we will be holding back on fulfilling any new installations as we undertake the task to perform quality checks on the network infrastructure in this area and to possibly rebuild parts of the network that may have been damaged.
We will not be able to schedule clients for new installations in this area for the rest of the month of December 2020.

We will try our best to manage communication with the impacted clients however we would greatly appreciate your assistance in managing expectations with your customers as well.

A list of impacted clients will be shared with you by your allocated account representative.

Thank you for your understanding and support.

Best Regards,

The Vuma Team


Ons as plaaslike diensverskaffer en inwoners van Parys is hartseer dat vandalisme die vooruitgang in tegnologie in ons dorp saboteer en die voordele wat fibre internet bring vir die dorp knie-halter.

Ons doen dus ‘n beroep op die inwoners van Parys om ons te help om die projek weer op koers te kry.

Indien julle enige verdagte beweging by die infrastruktuur van Vuma op die sypaadjies sien, of mense sien wat verdagte groen kabels rond dra. Kontak asseblief jou alarm diensverskaffer of die polisie om ondersoek in te stel.

Indien daar van die klein ronde konneksie bokse oop is in jou omgewing, stuur asseblief vir ons die details na internet@citeq.co.za, sodat ons dit kan rapporteer.

Ons vertrou dat Vuma die installasies spoedig in die nuwe jaar kan hervat.

Groete

Cite Q Computers en Voxtelecom Parys

WWW.CITEQ.CO.ZA/FIBRE