Vuma
“hou pouse”
met die installasies in Parys
Of dit die “lang pouse” of “kort pouse” is weet ons nog nie.
Op skool het ons lang pouses gesoek. Nou soek ons ‘n kort pouse.
Vuma het met mag-en-mening weg-gespring in Januarie 2021 met fibre installasies.
Brightlink wat die kontrakteurs is vir VUMA het uit hulle pad gegaan om die agterstand van Desember 2020 in te haal.
Tog was daar menigte gevalle waar kliente vroeg al hulle aansoeke ingedien het om seker te maak hulle is van die eerstes wat van die diens gebruik kan maak, vir verskeie redes.
Toe tref die werklikheid ons. Daar is kabels wat nie gekoppel is nie, maar die ‘stelsel’ se die area is “lighted”. Ander kliente het aktiewe Vuma kliente om hulle, maar die ‘stelsel’ sê die diens is nog nie beskikbaar in hulle area nie.
Dan is daar die gevalle waar Brightlink die klient vra: “Waar is julle termination point” (daai groen ronde deksel wat op die sypaadjies is).
Die klient soek saam en kry die hulp van hulle tuinwerker in, dalk het hy dit gesien toe hy die gras gesny het.
Dalk het Brightlink gedink die tuinwerker het dit afgesny en in die grassnyer opgeslurp.
Die antwoord is eenvoudig. Die’stelsel’ se daar is een, maar niemand kan dit vind nie.
Nou het die ‘stelsel’ ‘n nuwe probleem. Kliente word gekoppel, maar kry nie data deur die netwerk nie.
Ek haal aan:
“The installations are on hold as we have a network issue resulting in clients not going live right away and we need that resolved first.”
So Parys.
Ek verstaan dat ons almal baie graag, baie gou fibre wil hê, maar soos met enige groot projek is daar onvoorsiene probleme.
Wat ek wel kan sê is dat Brightlink se bestuur baie moeite doen om met ons te kommunikeer en gee gereeld terugvoer.
Daarvoor is ons baie dankbaar.
Ons glo hulle sal die probleem vinnig identifiseer en uitsorteer.
Hulle skeduleer wel afsprake met kliente om die ‘site surveys’ te kom doen.
Ons hou julle op hoogte,sodra daar nuwe verwikkelinge is.
Groete
Die Cite Q Fibre Span
WWW.CITEQ.CO.ZA/FIBRE